Description
Mignon van Vreden
Kinderkletsies saam met Jesus bevat gewyde liedjies en speletjies vir die klaskamer, kinderkerk, koor of by die huis. Hierdie bundel bevat liedjies vir kinders in gesprek met God die Vader, Seun en Heilige Gees en oor God in gesprek met Sy kinders. Die eerste deel van die boek, Kletsies met God, bevat liedjies wat kinders kan sing wanneer hulle bid. Die tweede deel van die boek, Kletsies met kinders, bevat liedjies wat kinders kan sing om op hierdie manier te kan luister na God se Woord.