(018) 299-1692 music@nwu.ac.za
Select Page

Peuterpraatjies: Bundel vir speelgroepies en tuis met musiekspeletjies en bladmusiek + CD

R300.00

Boek & CD

Category:

Description

Mignon van Vreden

Peuterpraatjies is ’n musiekpakket (bundel en CD) vir die speelgroepie of by die huis wat binne-in die peutertjie se leefwêreld pas. Die aktiwiteite is buigbaar genoeg om aangepas te word vir die hoeveelheid peuters wat betrokke is. Die belangrikste rol van die versorger ten opsigte van musikale ontwikkeling is om geleenthede te skep vir musiekmaak en daarom is geen musikale opleiding nodig om Peuterpraatjies aan te bied nie. Die bundel bevat 31 splinternuwe, kort peuterliedjies (bladmusiek en kitaardrukke) wat almal kan saamsing en 20 musiekspeletjies vir die ontwikkeling van luistervaardighede, groot motoriese vaardighede, sosiale vaardighede, ritmiese vaardighede en instrumentale spel.