Description
Mignon van Vreden
Kreatiewe Klanke vir Kleuters Volume 1 is ’n nuttige musiekhulpbron vir die voorskoolse onderwyser met minimale musiekopleiding, asook vir musiekspesialiste. Hierdie bundel en CD is ’n uitvloeisel van die tweetalige reeks handleidings Kreatiewe KABV/Creative CAPS. Volume 1 se musieklesse en kleutervriendelike liedjies is gesentreer rondom tien temas en sluit ’n verskeidenheid musikale aktiwiteite in: • Instrumentale spel op voorskoolse vlak • Lyfieslagwerk • Bladmusiek en kitaardrukke vir kleutervriendelike liedjies • CD met musiek vir beweging en liedere • Instruksies vir selfgemaakte musiekinstrumente • Musiek en bewegingsaktiwiteite.